@verHOOG

Die Volle Storie

My naam is Jolani du Preez, getroud met my kosbare koning Andreas en liefdevolle Mamma van twee seuntjies Drian en Migael.
 
Ek is ‘n passievolle Juffrou en glo dis absoluut my skeppingsdoel om ‘n Juffrou te wees.  
In 2007 het ek my eie kleuterskool oopgemaak, Borrel Britsies, en dis waar ek die eerste keer my hand aan ‘n pen gewaag het. Ek het aanvanklik net ‘n storielyn geskryf, maar het later besef dat dit ‘n platform bied waar ‘n boodskap uitgedra kan word. Jaar na jaar het ek die Here vertrou vir ‘n storielyn en boodskap en nodeloos om te sê, Hy het nog nooit teleurgestel nie.
 
Ek weet ons Juffrouens het verskillende talente en ek het besluit om my talent deur @verHOOG met ander skole te deel. Ek glo dat die boodskap van die konserte ook ander sal aanraak en aanmoedig om die lewe voluit te leef !!!